NewsNews
Covid-19 statistiek: Verenigde Koninkryk het nou meer gevalle as Spanje
Die Verenigde Koninkryk het verby Spanje geskuif op die lys van lande wat die swaarste deur die virus getref word, met 289 140 Covid-19 gevalle (daar is tans 289 046 gevalle in Spanje). Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 7 356 019, waarvan 414 430 pasiënte gesterf het en 3 629 494 herstel het. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 22ste op die lys met 52 991 gevalle en 1 162 sterftes)
- Die VSA het die meeste lyers – 2 046 514 (gister 2 027 438) gevalle en 114 185 sterftes (gister – 113 125). ‘n Totaal van 788 885 het tot dusver herstel.
- Brasilië – 742 084 (gister 711 696) en die derde hoogste sterftesyfer van 38 497.
- Rusland – 493 657 (gister 485 253) en 6 358 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk het verby Spanje geskuif – 289 140 (gister 287 399) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 40 883.
- Spanje – 289 046 (gister 288 797) en 27 136 sterftes.
- Indië – 276 583 (gister 268 139) en 7 745 sterftes.
- Italië – 235 561 (gister 235 278) en 34 043 sterftes.
- Peru – 203 736 (gister 199 696) en 5 738 sterftes.
- Duitsland – 186 516 (gister 186 284) en 8 831 sterftes.
- Iran – 177 938 (gister 175 97) en 8 506 sterftes.
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 046 (gister 83 043) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 55 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
