Valke (PTY) se CEO Coetzee voorsorgend geskors
VANDERBIJLPARK. – Die direkteure van Valke Rugby (PTY) LTD het op 4 Junie besluit om mnr. Jurie Coetzee as Hoofuitvoerende Beampte en direkteur van die Valke Rugby maatskappy voorsorgend, hangende ‘n ondersoek oor beweerde finansiële wanbestuur en ander ongeruimdhede te skors. Mnr. Ettienne de Lange, Hoofuitvoerende Beampte van die Valke Rugbyunie (VRU), het by navraag …
VANDERBIJLPARK. – Die direkteure van Valke Rugby (PTY) LTD het op 4 Junie besluit om mnr. Jurie Coetzee as Hoofuitvoerende Beampte en direkteur van die Valke Rugby maatskappy voorsorgend, hangende ‘n ondersoek oor beweerde finansiële wanbestuur en ander ongeruimdhede te skors.

Mnr. Ettienne de Lange, Hoofuitvoerende Beampte van die Valke Rugbyunie (VRU), het by navraag bevestig dat daar tans ‘n ondersoek van stapel gestuur is, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.
Vaalweekblad het vertroulik verneem dat die ondersoek deur hoë profiel amptenare gelei word. De Lange sal glo intussen die dag tot dag take bestuur van die maatskappy oorneem, terwyl Rudi Joubert verantwoordelikheid vir die spelers se belange wat deur die maatskappy gekontrakteer is, aanvaar het.
