Dit wil lyk of dit in die mens se natuur is om makliker fout te vind as om die goeie raak te sien en erkenning te gee. Die DBV-takke loop gedurig deur onder skerp tonge, maar sonder hul onbaatsugtige werk kan geen samelewing (wat omgee vir diere) klaarkom nie.
Inspekteur Sipho van die Alberton DBV saam met die baba bobbejaantjie wat gered is.
Behalwe vir hul normale take kry hulle ook gereeld met buitengewone gevalle te doen, soos die Alberton SPCA wat die afgelope week tot die redding van ‘n baba bobbejaantjie gekom het.
‘n Boodskap is op Facebook gedeel deur iemand wat gesê hy wil “sy baba bobbejaan” verkoop. Dié boodskap het soos veldbrand versprei op sosiale media en gelukkig het dit ook onder oë van die DBV beland.
Met behulp van die gemeenskap het DBV-inspekteur Sipho die “babbatjie” opgespoor en is hy nou veilig by Johannesburg Wildlife Vet, waar hy beslis ‘n baie beter lewe sal hê as wat hy aan enigiemand anders verkoop sou word.
‘n Wonderlike wen vir die DBV en natuurlik klein Adonis!
* Ondersteun asb. die plaaslike DBV-takke in jou gemeenskap en help hulle so om voort te kan gaan om diere in nood te help.Foto’s van die klein bobbejaantjie wat onlangs op Facebook te koop geadverteer is.Ondersteun asb. die plaaslike DBV-takke in die Vaal. Enige bydrae sal help om ‘n groot verskil te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za