NewsNews

Mystify se eerste liefdadigheidsprojek ‘n groot sukses

VEREENIGING. – Die Mystify-motorfietsklub het Sondag, 28 Junie, ‘n suksesvolle liefdadigheidsdag by die Vaal Skougronde gehou. Dit het baie beplanning geverg om dié dag te organiseer. Hulle moes seker maak alles word volgens die maatreëls van Vlak 3 gedoen.

Gerda Jorge, die klub se sekretaresse, het laat weet dat dit onder meer ingesluit het dat almal se koors gemeet moes word en dat daar ‘n register by die hek gehou is.

Die doelwit van die dag was om komberse, kos en troeteldierkos ten bate van liefdadigheid in te samel. Meer as 150 motorfietse van 12 klubs het met sowat  15 komberse, blikkieskos, mieliemeel en rys wat hul aan behoeftiges in Leeuhof wil skenk, opgedaag.

“Ek dink met die kos wat ons ontvang het, kan ons sowat 15-20 gesinne van ‘n kospakkie en ook van ‘n kombers voorsien. Ons het ook kontant donasies ontvang waarmee ons ekstra goed soos tandepasta, seep en groente sal aankoop,” het Gerda gesê. Die hondekos, katkos en dierekomberse sal aan Vaalpets in Vanderbijlpark geskenk word.

Die Shrike Cross Riders het die trofee ontvang vir die Grootse Klub Donasies
Die Shrike Cross Riders het die trofee ontvang vir die Grootse Klub Donasies

Mystify het ook op die dag drie trofeë uitgedeel om vir die mense dankie te sê wat hul ondersteun het. So het die Knights van die Oos-Rand die trofee ontvang vir die Grootste Ondersteuningsklub. Die trofee vir die Grootste Klub Donasies is deur die Shrike Cross Riders van Vanderbijlpark verower en die motorfietsryer wat die verste gereis het om die dag te ondersteun, was Kwagga van Wingmate Raiders wat al die pad van Polokwane gery het! Van die ander klubs wat verteenwoordig was, sluit die Streetwise Riders, die Wildhogs, die Phatom Riders en Just Numbers in. Van die motorfietse het in Heidelberg saamgekom en toe as ‘n groep na die Vaal Skougronde in Vereeniging gery.

Die Shrike Cross Riders het die trofee ontvang vir die Grootse Klub Donasies
Die Shrike Cross Riders het die trofee ontvang vir die Grootse Klub Donasies

Die geleentheid was Mystify se eerste liefdadigheidsprojek en hulle is dankbaar teenoor al die klubs, privaat ryers en mense wat hul ondersteun het.

Klub Mystify is in 2017 deur die president, Koos Burger, gestig en bestaan tans uit 22 lede. Dit is ‘n familie-georiënteerde klub. Binne die klub het die lede range om seker te maak almal is veilig as die klub saam op die pad is of na ‘n geleentheid gaan. As jy sou belangstel om by die klub aan te sluit, moet jy ouer as 18 jaar wees, met ‘n motorfiets kapasiteit van 600 CC en hoër. Alle klublede moet binne die Vaaldriehoek woon en by hul belangrikste reël hou – respek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button