NewsNews

Privaat kleuterskole kry die ja-woord!

VANDERBIJLPARK. - Terwyl departementele skole se Gr R-leerlinge op 6 Julie kon terugkeer skool toe, het privaat kleuterskole, dagsorsentrums, speelgroepies, naskoolsentrums en privaat skole vir kinders met spesiale behoeftes op hete kole gewag vir ‘n regter se uitspraak.

https://www.facebook.com/solidariteit/videos/320669468942316

 

@SOSSkole het vanoggend op hul facebookblad aangekondig: “Die SOS en Solidariteit het vanoggend hulle saak oor kleuterskole in die hooggeregshof in Pretoria gewen. Regter Fabricius se uitspraak bepaal dat kleuterskole en VKO-sentrums wat aan die nodige veiligheidsmaatreëls voldoen, dadelik mag oopmaak”.

Wendy Coetzer van Hero Kids in Vanderbijlpark het gesê hule is baie dankbaar. Sy en haar personeel was bekommerd oor die skool se kleuters. Die meeste ouers moes al terugkeer werk toe en daar was niemand om na die kleuters te kyk nie. Verskeie kleuterskole in die Vaaldriehoek het al laat weet dat hulle nou permanent toemaak.

Wendy het gesê hulle het onlangs eers inligting ontvang vir ‘n Standaard Operasionele Prosedure (SOP) leêr. Dit bevat 60 bladsye met reëls, regulasies en prosedures wat in plek moet wees alvorens hul kan oopmaak. By Hero Kids is alles reeds in plek. Die personeel het ook hul opknappingskursus in Eerstehulp gedoen, en ‘n eendag kursus rondom Covid-19 soos voorgeskryf in die SOP.

Die bottels met handsanitasiemiddels staan gereed en oral teen die mure is vrolike plakkate opgesit met duidelike prentjies wat die kinders sal herinner aan al die nuwe reëls. Al wat nou kort is die kleuters in die oggend en die anders kinders by die naskoolsentrum in die middae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button