Vuurwarm-versameling op ‘n koue dag
Die koue is hier, maar die "lockdown-fotograwe" het weer eens 'n vuurwarm-versameling verskaf.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn Woensdag, 15 Julie in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto van die bome in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie voëltjie in haar tuin afgeneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie kunstige natuurfoto geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie skitterende foto van ‘n jagluiperd geneem. 
Hanti Pretrorius van Vereeniging het hierdie mooi foto van die wolke geneem. 
“Flower Power”. Karin Cronjé van Andorra (land tussen Spanje en Frankryk) het die pragtige foto geneem. 
Madré Fourie van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto by die Voortrekker Monument geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Mattithyah van der Merwe het die mooi foto van die Kaap-wêreld geneem. 
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van die wolke geneem terwyl die son sak. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie pragtige foto van die sneeu op die berge geneem – seker om ons te wys hoekom dit vandag ook so lekker koud hier in die Vaal is. 
Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die monochroom portret geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Nog een van die fotograwe wat graag sy kunstalent vlerke gee is Pierre Fourie van Vanderbijlpark. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige landskapfoto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto geneem. 
Sonja Jordan van Daleside het hierdie besondere foto van die koue wolke geneem. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park is nou terug in haar tweede tuiste in Maleisië. Sy en haar man moet vir eers in kwarentyn bly en dié pragtige toneel is tans hul uitsig.
