Propvol program vir Jeuglanders
Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in.
VANDERBIJLPARK – Jeugland Dienssentrum bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program by die Buitepossaal aan vir Seniors.
Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en bloedglukose laat toets.
Die byeenkomste word Donderdae vanaf 09:30 tot 11:00 aangebied. Die koste is R10 per persoon. Alle seniors is baie welkom.
Skakel me. Katinka Nel of me. Mignon Venter by 016 933 3995 vir meer besonderhede.
Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede in Oktober 2026:
1 Oktober – Die beker wat jy vashou, is die beker waaruit jy drink.
(Spreker: Ds. Louwrens Roos).
8 Oktober – Mediese Fonds Skemas (Spreker: Santa Kriel).
15 Oktober – Die wonderlike wêreld van bye – (Spreker: Bees R Us).
22 Oktober – Die wêreld deur die oë van ‘n Lens –
(Spreker: Chilli PicNic Photography)
29 Oktober – Turkye Pelgrimstog – (Spreker: Pst. Pieter Kriel)