Alles van kuns- tot natuurfotos
Nog 'n vars foto-versameling te danke aan die passievolle "lockdown-fotograwe", wat alles van kuns- tot natuurfoto's insluit.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het vandag, 15 Julie in Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie mooi monochroom portretfoto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Dis ‘n wenhand! Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die moderne foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi kleurryke natuurfoto geneem. 
Sonja Jordaan van Daleside het die mooi foto van die donker wolke wat oor die wonings hang geneem. 
Sonja Naudé van Vanderbijlpark het die oulike foto van die duifkuikens geneem. Sy het op Vandersdag twee duif eiertjies in ‘n blompot opgemerk en nou twee weke later het die kuikens hul opwagting gemaak. 
Amanda Vermeulen het hierdie pragtige foto vanuit Maleisië met ons gedeel. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie oulike portretfoto van “een van haar kinders” geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die kleurryke stillewe foto opgestel en afgeneem. 
Elsje Vermeulen het die silhouette foto van die son wat agter die geboue wegsak geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem. 
Karin Cronjé van Androrra (land tussen Frankryk en Spanje) het die mooi foto op haar pa se plaas in Standerton geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie pragtige monochroom foto geneem. 
Razelle Nortjé van Vanderbijlpark het hierdie mooi natuurfoto van die gevriesde plantblaartjies geneem. 
“Dis warmer in die huis”- Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto van sy hondjie geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige landskapfoto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem. 
Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie voëltjie in haar tuin afgeneem.
