NewsNews

Operasie suksesvol… Sy sal kan hoor!

SASOLBURG. – Marizell Bouwer het laat weet dat haar susterskind, Mianè Bachran (2) op 13 Julie opgeneem is vir bilaterale kogliêre inplantings. Die operasie was ‘n sukses.

Haar oortjies is in die teater getoets en sy het goed gereageer. Die apparaat sal oor ‘n maand aangeskakel word nadat verdere toetse gedoen is. “Die maand is maar ‘n dowe maand vir haar, maar haar laaste maand sonder gehoor. Baie dankie vir almal se gebede, liefde en omgee” het Marizell per WhatsApp boodskap laat weet.

Vaalweekblad het onlangs berig dat klein Mianè net 10% gehoor in haar een oor en 7% in die ander een het. Omdat sy byna heeltemal doof is, het gehoorstukke nie gewerk nie en is daar verlede jaar begin met toetse om te bepaal of sy ‘n geskikte kandidaat is vir bilaterale kogliêre inplantings.

Die operasie se kostes het by die R900 000 beloop. Hiervan betaal die mediese fonds die grootste gedeelte, maar die familie moes R41 300 uit hul sak betaal. Na die operasie sal hulle ook elke twee weke Pretoria toe en terug moet reis vir toetse en skanderings, wat meer uitgawes tot gevolg sal hê. Die Foundation for Children with Hearing Loss in Southern Africa het met ‘n fondsinsamelingsprojek begin om die ekstra onkostes te verhaal.

Die Foundation for Children with Hearing Loss in Southern Africa maak al sedert 1992 ‘n verskil in kinders se lewens. Die organisasie spits hul daarop toe om kinders en volwassenes wat ernstige gehoorprobleme ondervind, finansieel te help. Enige een kan ‘n bydrae tot hierdie fonds maak, eenmalig of maandeliks. Gaan maak gerus ‘n draai by www.hearingloss.org.za.

Sou jy dalk ‘n eenmalige bydrae wou maak om Mianè te help, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik: Rekeningnaam: Foundation For Children With Hearing Loss, Rekeningnommer: 011794798, Standard Bank, Gezina, Takkode: 014845. Verwysing: Mianè Bachran.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button