NewsNews

SAL-sakereddingsplan is soos ‘n pleitster vir iemand wat operasie benodig

Solidariteit het in 'n mediaverklaring sy misnoeë uitgespreek oor die aanvaarding van die sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens.

“Die aanvaarde sakereddingsplan takel geen van die kernprobleme nie. Die plan beteken onafwendbaar dat die belastingbetaler, weens die trots en ydelheid van die regering, nog jare lank gekonfronteer gaan word met reddingsboeie aan die sukkelende lugredery. Die sakeredders, krediteure en die departement van openbare ondernemings het as’t ware ’n pleister geplak op ’n pasiënt wat opehartchirurgie benodig – ons gaan binnekort weer in dieselfde situasie wees,” sê Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut.

Sowat 86% van krediteure het die voorgestelde sakereddingsplan goedgekeur na die regering beloof het om teen 15 Julie 2020 waarborge vir die befondsing van die omdraaiplan te verskaf. Een van die voorwaardes vir die omdraaiplan is regeringsbefondsing vir die omdraaiproses asook addisionele regeringsbefondsing vir dag-tot-dag uitgawes en om SAL se status as lopende saak te waarborg.

“Gegewe ons fiskale situasie is dit roekeloos van die regering om miljarde rande van belastinggeld in SAL in te stoot – daar is net nie geld in die fiskus hiervoor nie. Vrae moet gevra word oor ’n staat wat addisionele belastinggeld gebruik om ’n sukkelende en onnodige staatsonderneming te red terwyl die hele land se ekonomie en gesondheidsorg in duie stort. Indien die regering befondsing soos vereis verskaf, dan word geïmpliseer dat die regering 150 keer meer aan een lugredery gaan bestee as wat die ganse toerismebedryf ontvang. Trouens, die regering gaan omtrent ewe veel geld aan SAL se omdraaiproses proses bestee as wat tot op hede bestee is aan hulp vir alle Suid-Afrikaanse burgers wat tydelik hul werk verloor het. Dit is tog waansinnig,” sê Mulder.

“Alhoewel die departement melding gemaak het van ’n moontlike ekwiteitsvennoot is dit duidelik dat die regering volledig beheer en besit van die sukkelende lugredery wil behou teen groot koste vir belastingbetalers. Waar die SAL in November 2019 nog ’n kans op redding gehad het, het Covid-19 alles verander en dit is veel eerder die ganse lugvaartbedryf wat nou hulp benodig,” verduidelik Mulder.

“Stel jou voor jy is Comair of FlySafair en die regering kondig aan dat hy jou belastinggeld gaan gebruik om R30 miljard vir jou mededinger te gee terwyl dié al vir ’n dekade lank insolvent en roekeloos handel dryf en jou boonop geld skuld. Dit benewens die feit dat jy weens regeringsregulasies verbied word om self inkomste te genereer,” sê Mulder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button