Lockdown-foto’s van heinde en ver
Vaalweekblad se groep "lockdown-fotograwe" strek van heinde en ver (selfs vanuit Maleisië, Andorra en Kanada), vanuit die Kaap-provinsie tot hier op ons agterstoep. Hoe dit ookal sy, dit is duidelik dat daar oral iets mooi is om af te neem. Geniet vandag sy mooi vesameling.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het gister, 15 Julie in Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie pragtige natuurfoto geneem. 
Amanda Vermeulen wat tans in kwarantyn in Maleisië is, het hierdie pragtige foto van haar huidige uitsig geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie mooi landskapfoto op Riversong Farm geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie kleurryke natuurfoto geneem. 
Mattithyah van der Merwe het die mooi Kaapse landskapfoto geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die eensame blommetjie afgeneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die kunstige foto geneem. 
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto van die pienk rose geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem. 
Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto van die skoenlapper geneem. 
Nanette Stapelberg van Sasolburg het sommer haar selfoon gebruik om die mooi foto van die pragtige protea te neem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige portretfoto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige landskapfoto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto met sononder geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het ook die mooi foto van dié aardige besoeker op sy plaas geneem. 
“The end of another day”- Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi sonsondergang foto geneem.
