Local newsNationalNewsBreaking News

Vereeniging vandag amptelik die koudste dorp of stad in Gauteng

'n Ysige minus 7 grade Celsius is vandag se amptelike minimumtemperatuur wat deur die SA Weerdiens in Vereeniging aangeteken is.

 

Twee dorpe in MooiVaal Media se lesersgebied, Vereeniging en Potchefstroom, was vandag (16 Julie 2020) die koudste plekke in hul provinsies.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens was Vereeniging, met ‘n minimum van -7 grade Celsius vanoggend, die koudste dorp of stad in Gauteng.
Terselfdertyd was Potchefstroom (ook -7 grade) die koudste dorp in Noordwes.
Nasionaal was dit net Bethlehem en Bloemfontein wat kouer was met ‘n minimum van -8 grade.
Volgens Kumsa Masizana, weervoorspeller van die SA Weerdiens, kan inwoners van Vereeniging hulle regmaak vir ‘n minimumtemperatuur van -4 moreoggend. Darem ‘n klein bietie “warmer” as vandag se minimum.
Volgens me. Masizana sal dit teen more reeds warmer begin word en ons kan die naweek temperature van in die middel-20’s verwag..
Sy sê die koue wat ons tans in Gauteng beleef, is eintlik die na-effek van ‘n kouefront wat ons reeds gister getref het en reeds verbybeweeg het. Die huidige koue is weens ‘n koue lugstroom AGTER die kouefront, so wees dankbaar – die ergste is verby!
Me. Masizana sê hoewel ons in die volgende klompie dae warmer weer kan verwag, kan die kouefrontseisoen nog tot in September duur, so moenie die warm baadjies en komberse te gou begin wegpak nie!

  • Hoewel Vereeniging se minimumtemperatuur vandag amptelik -7 grade was, het sommige lesers berig dat hulle vroeg vanoggend heelwat laer temperature aangeteken het – selfs so laag as -9 en -11 grade, veral langs die Vaalrivier.
  • Foto’s in dié berig deur Adel Fourie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button