NewsNews

Covid-19: SA nou 6de op lys van Top 10 lande

Dit is beslis nie 'n goeie lys om op te wees nie, maar hier is ons op hom - nommer 6 op die Top 10 van die mees besmette Covid-19 lande. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 13 967 833, waarvan 593 100 pasiënte gesterf het en 8 297 653 herstel het. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in:

(SA is tans 6de op die lys met 324 221 gevalle en 4 669 sterftes)

  1. Die VSA – 3 695 469 en 141 124 sterftes
  2. Brasilië – 2 014 738 en 76 822 sterftes
  3. Indië – 1 005 871 en 25 622 sterftes
  4. Rusland – 759 203 en 12 123 sterftes
  5. Peru –  341 586 en 12 615 sterftes
  6. Suid-Afrika – 324 221 en 4 669 steftes
  7. Mexico – 324 041 en 37 574 sterftes
  8. Chile – 323 698 en 7 290 sterftes
  9. Spanje – 305 935 en 28 416 sterftes
  10. Verenigde Koninkryk – 292 552 en 45 119 sterftes
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 begin het is 25ste op die lys en het tans 83 622 gevalle en ‘n sterftesyfer van 4 634. Daar is glo nog net 251 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button