‘n Voltreffer foto-versameling op ‘n Vrydag
Die lockdown-fotograwe het vir nog 'n voltreffer foto-versameling gesorg om die naweek te verwelkom!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het die week (15 Julie) in Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Daar is ‘n storm oppad! Amanda Vermeulen wat wag dat haar kwarantyn-tydperk in Maleisië verstryk, het hierdie pragtige foto geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het hierdie mooi foto van die tarentaal wat in die boom sit by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Kyk net Optel se mooi ogies! Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van sy oulike hondekind geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging maak mens sommer lus vir die somer met die mooi foto. 
Heleen van Rooyen van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto van die pynappel geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die skilderagtige foto van die Lethabo-kragstasie geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom natuurfoto geneem. 
Karin Cronjé van Adorra (een van drie van ons internasionale fotograwe) het die pragtige foto op haar pa se plaas in Standerton geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto van die voëltjie wat in die son sit en bak geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie kunstige monochroom foto van haar dogters geneem. 
Lizette Kuhn van Sasolburg het hierdie mooi foto geneem terwyl die son stadig wegsak. 
Mattithyah van der Merwe het die mooi foto van die klassieke “Volla” vanuit die Kaap met ons gedeel. 
Nico Smit van Vanderbijlpark het die oulike gesiggie afgeneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijpark het die kunstige foto van die gebreekte eiers geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die buffels by die watergat by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die mooi foto van die sonstrale wat deur die boomtakke loer geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het ook hierdie pragtige natuurfoto geneem.
