
Geskryf deur Nelius Boshoff
Jy of ek weet nie wie volgende is nie, dit kan iemand na aan jou wees
Hierdie is net ‘n nederige, klein stukkie inligting wat gaan vra dat jy asb ‘n paar sekondes van jou tyd sal opoffer……….
Ons mense,
noem hulle Boere,
noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het ‘n baie ryk geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur ons geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die Genade van die Almagtige Skepper.
Hier is wat ek dink en mooi vra :
As jy die boodskap aan mense kan stuur,
en hulle stuur dit aan mense en daardie mense doen dieselfde dan is daar baie vinnig duisende mense wat hierdie eenvoudige gebed saam met ons bid…
(Bid ook dat hierdie boodskap wat ek nou gestuur het duisende mense bereik om tot ons Hemelse Vader te vra om namens ons in te gryp…..Sterkte!)
“Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor U,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag U wil geskied..
Amen”
Ons mense bloei,
ons kinders word vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na ons Almagtige vir leiding.
Kom ons bid en kom ons glo…
Dankie dat jy ‘n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan ‘n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie.
Al wat oorbly is om dit aan al die mense te stuur in jou adresboekie wat ook soos jy bekommerd voel oor ons toekoms, wat ook, soos jy, weet dat ons hulp en redding net van die Almagtige Skepper kom.
