Tyd om foto’s te deel en te neem
Dis naweek en tyd om foto's te deel en te neem. Hier is nog 'n puik versameling deur Vaalweekblad se talentvolle "lockdown-fotograwe".
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het die week (15 Julie) in Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie kunstige en kleurryke foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi toneel afgeneem terwyl die son begin sak. 
Rozan Koen van Vaalpark is ‘n ontluikende fotograaf wat daarvan hou om te eksperimenteer. Sy het hierdie foto van die pad geneem. 
Amanda Vermeulen wat wag dat haar kwarantyn-tydperk in Maleisië verstryk, het hierdie pragtige foto geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op Riversong Farm geneem. 
Heidi Venter van Sasolburg het die pragtige foto van Titan geneem. Titan is ‘n kruising tussen ‘n Saint Bernard en ‘n Rottweiler. 
Hanti Pretrorius van Vereeniging het die mooi foto van die blare geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die weir in Henley-on-Klip geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die kosmosse geneem. 
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige straattoneel tydens haar inperkingtyd in Suid-Afrika by ‘n winkelkompleks in Centurion geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige natuurfoto geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark maak mens lus vir ‘n 4×4 uitstappie met die foto. 
Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto geneem. 
Ontmoet vir Rio die African Grey. Michelle Hart van Sasolburg het die oulike foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuurfoto geneem.
