NewsNews

Covid-19: SA nou 5de mees besmette land

En nou lê Suid-Afrika reeds 5de op die Top 10 lys van die lande wat die meeste geregistreerde Covid-19 gevalle in die wêreld het. Dit is beslis nie ‘n lys waarop enige land wil wees nie! Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 14 429 382, waarvan 604 963 pasiënte gesterf het en 8 620 954 herstel het. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in:

(SA is tans 5de op die lys met 350 879 gevalle en 4 948 sterftes)

  1. Die VSA – 3 833 271 en 142 877 sterftes
  2. Brasilië – 2 075 246 en 78 817 sterftes
  3. Indië – 1 077 864 en 26 828 sterftes
  4. Rusland – 765 437 en 12 247 sterftes
  5. Suid-Afrika – 350 879 en 4 948 steftes
  6. Peru –  349 500 en 12 998 sterftes
  7. Mexico – 338 913 en 38 888 sterftes
  8. Chile – 328 846 en 8 445 sterftes
  9. Spanje – 307 335 en 28 420 sterftes
  10. Verenigde Koninkryk – 294 066 en 45 273 sterftes
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 begin het is 26ste op die lys en het tans 83 660 gevalle en ‘n sterftesyfer van 4 634. Daar is glo nog net 310 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button