Local newsNewsNews

Jané (14) ervaar erge pyn

Jané Vorster, die 14-jarige skooldogter van HS Driehoek in Vanderbijpark, wat Saterdag ernstig beseer is in die ongeluk waartydens graad 12 leerder Shelby van Wyk gesterf het, verkeer tans in erge pyn in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton.

Haar ma, Claudia, het vanmiddag op ‘n ondersteuningsgroep in ‘n boodskap gesê dat Jané morphine vir die pyn kry, maar dat dit nie werk nie. Sy het in ‘n hartseer stem gevra dat mense asb. sal intree en vir haar dogter sal bid. “Ek kon ‘n hele rukkie by haar wees vanmiddag. Sy is spierwit in haar gesiggie van die pyn en huil verskriklik,” het Claudia in die boodskap gesê.

  • Intussen het Shelby se familie bevestig dat sy begrafnisdiens Maandag om 11:00 vanuit die AGS Dinamika Vanderbijlpark sal plaasvind. Pastoor Nico sal die diens lei. “Ons bedank almal uit die diepte van ons harte vir die bystand en die gebede vir Shelby en vir Jané. Ons waardeer dit meer as wat ons ooit kan beskryf,” is wat Shelby se oom namens die familie aan Vaalweekblad gestuur het om met die gemeenskap te deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button