NewsNews

Peacehaven-vuur: Baie dankie aan elkeen wat ons gehelp het

Ek kom self nou eers effe tot verhaal na die tragedie 17 Julie 2020, in Peacehaven.

My hart het in hierdie week ‘n duisend keer gebreek en gejubel. Mense se medelye, goedheid, mededeelsaamheid en gewilligheid om te help waar hul kan, het my nuwe hoop gegee in hierdie doodsheid van lockdown. Ek was oorweldig deur oproepe van hulp van regoor onse Vaaldriehoek waarvoor ek so lief is. DANKIE vir elkeen wat gehelp het dat ons hierdie verwese mense kon help om binne dae aan hul dringende behoeftes te kon voorsien! Hul het my gevra om asb namens hulle dankie te sê!

Dan wil ek vir Christiaan van Vaalweekblad baie dankie sê vir die uitstekende berig en vir die sensitiwiteit wat hy almal wat by die voorval betrokke was, behandel het.

Ek het ‘n nuwe respek vir verslaggewers gekry, want dit was duidelik dat hy geruk was deur die toneel wat hy moes aanskou en die gruwelstorie wat hy moes aanhoor. Hy moes met erg getraumatiseerde mense gesels, waar hy soms na n gebrabbel moes luister voor hul teruggekeer het na die storie.

Nomvula Nzono (33) is hartverskeurend nadat haar 4-jarige kind, Thami, Vrydagaand in ‘n brand in ‘n gemeente dood is.

Hy het hierdie mense met respek en empatie behandel en nie vir een oomblik hul menswaardigheid aangetas nie! Niemand hierby betrokke, gaan ooit weer heel wees nie, maar dis OK, want ons het n skare Vaaldriehoekers wat ons in hul gedagtes hou en dra deur dit wat nog voorlê. – Tersia Venter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button