VANDERBIJLPARK. – Suid-Afrika beleef ‘n besonderse koue winter. Dit herinner aan die 1980s waar ons elke oggend voor skool op die witgerypte skoolvelde gegly het dat die sweetpakbroeke nat kolle op die knieë gehad het.
Selfs die mense in die Laeveld het ‘n paar ongekende koue dae beleef. Marnell du Toit het op 16 Julie die pragfoto op hul kleinhoewe buite Witrivier geneem. Sy sê sy het nie gedink dit sal daar ooit so koud word nie. Foto: Marnell du Toit
Daardie jare was kombersjasse (die jasse was letterlik van komberse gemaak) die in ding en almal het serpe en handskoene gehad.
‘n Gevriesde tuinfonteintjie. Foto: Nicoleen Harmse
Die afgelope 29 jaar het dit gevoel asof die winters nie meer so erg byt hier op die hoëveld nie. Tot hierdie jaar. Julie van 2020 sal nie net vir Covid-19 onthou word nie, maar ook as die jaar wat die kwik weer gereeld tot onder vriespunt geval het.
Die natuur se kunswerk. Water wat oornag in die tuinfonteintjie gevries het. Foto: Nicolene Harmse
Nicoleen Harmse van Vanderbijlpark het die foto’s ingestuur waar ‘n tuinfonteintjie oornag gevries het gedurende die ekstra koue nagte in Julie. Woensdagoggend, 15 Julie om 07:40 het haar slimfoon toep die temperatuur as -5 ˚C aangedui en die aanvoelbare temperatuur as -9 ˚C. Donderdag, 16 Julie om 06:41 was die temperatuur weer -5˚C en die aanvoelbare temperatuur -7˚C.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za
She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za