NewsNews

Atletiekblits Wayde toets positief vir virus

Hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se held op die atletiekbaan, veral na hy in 2016 by die Olimpiese Spele in Rio die 400m in 'n nuwe wêreldrekordtyd van 43.03s afgeblits het, maar nou sal ons nog bietjie langer moet wag om Wayde van Niekerk weer op die internasionale atletiekbaan in aksie te sien.

Volgens die Italiaanse koerant La Gazzetta dello Sport het die Suid-Afrikaanse 400m-wêreldrekordhouer positief vir Covid-19 getoets. Die 28-jarige blits is tans in kwarantyn in Gemona del Friuli in Italië waar hy vir sy oefenkamp vir die Europese seisoen gesetel is.

Van Niekerk is sedert 19 Julie in Italië en sou gister (Saterdag, 1 Augustus) aan die Triveneto-byeenkoms in die Grezar-stadion in Trieste aan die 100- en 400 m deelgeneem het. Dit sou Wayde se eerste verskyning op die internasionle front wees sedert hy in 2017  ’n ernstige kniebesering opgedoen het in ’n raakrugby-wedstryd vir celebrities op Nuweland in Kaapstad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button