NewsNews

Wees gereed vir as lid van gesin positief toets

Suid-Afika is tans die 5de mees besmette Covid-19 land in die wêreld. In kort beteken dit dat jou kans om die virus op te doen, lankal van moontlik na waarskynlik verander het. Dit help dus nie meer om die virus as net nog ‘n griep af te skiet nie, ons het lankal die hartseer gevolge van die virus gesien. Mense wat jy en ek ken, plaaslike inwoners, het vertel van die pyn wat hulle moes deurmaak, nie net die simptome van die virus nie, maar die hartseer om mense aan die dood af te staan.

Dit sal dus wys wees om die realiteit in die gesig te staar en voorbereid te wees indien jy of een van jou familielede die virus opdoen. Volgens kenners sal 80% van die pasiënte wat die virus opdoen, net ligte simptome ondervind, maar jy sal steeds vir twee weke moet kan self-isoleer en jouself versorg en behandel.
“Omdat jy nie weet hoe siek jy gaan word nie, is dit belangrik om vir die ergste scenario te beplan,” raai Geraldine Bartlett, hoof uitvoerende beampte van Universal Healthcare aan.
Dit kom daarop neer dat daar voorsorg getref moet word dat iemand die huishouding (veral in die geval van ‘n enkelouer) oorneem.
Daar moet ook in ‘n tradisionele huishouding beplan word wie sal watter take hanteer indien iemand siek word (soos inkopies, wasgoed, kinders skool toe neem, troeteldiere kosgee, ens.).
Daar sal ook ‘n spesifieke kamer geïdentifiseer moet word waar die siek familielid moet bly, weg van die ander gesinslede. “As ‘n kamer of area in die huis nie geïsoleer kan word nie, moet al die gesinslede deurentyd gesigmaskers dra. Indien daar ook net een badkamer is wat gedeel moet word, moet die oppervlakke voortdurend gesaniteer word.
“As jy alleen woon, moet jy reël dat iemand daagliks by jou kom inloer. Sorg dat daardie persoon ‘n sleutel het om toegang te verkry en sorg dat daar kontant beskikbaar is indien daar ‘n behoefte ontstaan vir iets wat daardie persoon vir jou moet aankoop,” sê Bartlett.
Dit sal help om ‘n genoegsame voorraad van nodige goedere gereed te hê. Dit sluit in: kroniese medikasie; pynstillers, keelseerpille/sprei en natuurlik kos.
“Dit is ook belangrik om te onthou dat mense ouer as 60 jaar en ook mense met onderliggende siektes soos diabetes, asma, long- en hartkwale ‘n groter gevaar staan om siek te word en erger simptome te ervaar.”
Wat is self-isolasie?
• Bly tuis vir 14 dae;
• Verlaat slegs die huis vir mediese hulp;
• Geen besoekers – gebruik jou selfoon of sosiale media om in kontak met jou geliefdes te bly;
Covid-19 noodgeval!
Jy moet jou simptome monitor en ‘n noodlys moet gereed wees indien jy voel jou lewe is in gevaar, soos:
* Jou dokter se telefoonnommer
* Die hospitaal waarheen jy sou verkies om te gaan
* Jou mediese fonds se besonderhede
* ‘n Lys van kroniese medisyne wat jy gebruik. Gee ook ‘n afskrif van dié lys aan die pesoon wat jou bystaan
Tekens van ‘n moontlike Covid-19 noodgeval
* Jy haal moeilik asem
* Borspyn
* As jy bloed hoes
* As jy verbysterd (verward) raak
* Blou lippe en gesig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button