Local newsNationalNews

Drie sterf in motorfietsongeluk tussen Midvaal en Heidelberg

Die ongeluk het op die R42-roete tussen Midvaal en Heidelberg gebeur.

 

Retha Fitchat

Twee mans en ‘n vrou het vanoggend, 9 Augustus 2020, tragies gesterf nadat twee motorfietse teen mekaar gebots en aan die brand geslaan het.
Die ongeluk het op die R42-roete tussen Midvaal en Heidelberg gebeur.
Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het dié nooddiens se paramedici omstreeks 11:30 vanoggend op die toneel opgedaag terwyl albei motorfietse nog in vlamme gehul was. By nadere ondersoek het hulle die liggame van die twee mans en vrou aangetref wat reeds aan hul beserings gesterf het.
Nog ‘n beseerde wat oorleef het, is op die toneel deur paramedici ondersoek, maar wou nie na ‘n hospitaal vervoer word nie.
Die presiese omstandighede van die ongeluk is nog onbekend. Nadat paramedici se take afgehandel is, het hulle die verdere hantering van die toneel in die bekwame hande van die plaaslike brand- en nooddienste gelaat.
Die identiteit van die oorledenes sal bekendgemaak word wanneer almal se families opgespoor en die doodstyding oorgedra is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button