Local newsNewsNewsSportSport

Valkoog red rugbymemorabilia

MEYERTON. - Was dit nie vir sy valkoog nie, sou ‘n stukkie rugbygeskiedenis ongetwyfeld vergaan het.

MEYERTON. – Was dit nie vir sy valkoog nie, sou ‘n stukkie rugbygeskiedenis ongetwyfeld vergaan het.
Pierre Kok, voorsitter van die Meyerton Krieketklub, het 10 jaar gelede die verroeste sandemmertjie van die Meyerton Rugbyklub naby die klub se
tennisbane ontdek en veilig in sy motorhuis bewaar.
“Ek het dit vir my skoonpa, mnr. Hans Lyons (89) gegee om te restoureer. Hy het die emmertjie weer mooi geverf en ‘n handvatsel aangesit. Dit is iets wat hy in sy rugbydae ook vir die klub gedoen het,” vertel Kok. Die 89-jarige Lyons het in die gloriedae van die klub saam met Koos van Rensburg en Jan de Winnaar in die klub se bestuur gedien. Die Meyerton Rugbyklub vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar en as dié
sandemmer kon praat, sou hy baie rugbystaaltjies kom vertel het.
* Vaalweekblad is tans besig met ‘n reeks berigte oor sportlui en sportklubs se gloriedae. Indien enigeen lekker brokkies of foto’s van Meyerton Rugbyklub se bestaan het, kontak gerus vir ettienne.vanrensburg@mooivaalmedia.co.za of skakel hom by 078 889 1128.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button