Local newsNewsNews

Die storie van ‘Die Trui’

Ek onthou, dit so paar winters gelede...  Ek het vandag DIE TRUI aan. Dis nie sommer so 'n trui nie. Dis my Jannie Breedt Transvaal rugby trui. My Ma het dit gebrei, meer as 30 jaar terug... op my aandrang, uit haar kop uit. Van die eerste dag wat ek dit aangetrek het, het Ma gesê dis 'n lelike ding, die rooi streep is te laag en die moue is te lank. Sy wou dit weggooi.

Ek onthou, dit so paar winters gelede…  Ek het vandag DIE TRUI aan. Dis nie sommer so ‘n trui nie. Dis my Jannie Breedt Transvaal rugby trui. My Ma het dit gebrei, meer as 30 jaar terug… op my aandrang, uit haar kop uit. Van die eerste dag wat ek dit aangetrek het, het Ma gesê dis ‘n lelike ding, die rooi streep is te laag en die moue is te lank. Sy wou dit weggooi.

So bewaar, beskerm en smokkel ek al DIE TRUI met my saam vir drie dekades. Met die dat die temperatuur vandag so vinnig sak, het ek netnou weer DIE TRUI uitgegrawe. Ek sien Ma kyk toe ek in die kombuis verskyn. “Daai trui” sê Ma. “Is myne” sê ek, “Ma moet geërd voel. Wie anders dra nou al vir 30 jaar ‘n trui wat Ma gebrei het? En dis ‘n magic trui, maak nie saak hoe vet of maer ek is nie, die trui pas altyd” verdedig ek my ou gunsteling.

“Daai trui” gaan Ma voort asof sy my nie gehoor het nie, “se moue is te lank.” En ek kry ‘n kyk asof dit my skuld is my arms het toe nie langer geword vandat ek in std 7 was nie!

Hoor ek netnou ‘n ding… weet nou nie of moet ek lag of gebelgd voel nie. Ma was aan’t kuier met haar vriendin so via die landlyn. Ja, ons het wraggies nog een van daai telefone! In allegeval so hoor ek toe Ma vertel vir tannie Louise haar weergawe van my trui storie. Ek het nie afgeluister nie, issie my skuld Ma praat so hard nie.

So hoor ek Ma het klaar gekla oor ek steeds DIE TRUI dra en om een of ander rede loop draai sy toe in Potchefstroom. “Jy weet Louise” kom sy op dreef “ek kon nooit verstaan nie. Die kinders wat universiteit toe is, was tog slim en hulle het vir grend goed geleer. Maar as ons nou die slag vir klein Gerdatjie gaan haal het dan moes jy nou sien. Die Pampoenboere was altyd sulke netjiese seuns met hul kakiebroeke en lang kouse, en dan die onderwyskollege se ou meisietjies het altyd so fraai gelyk in hul rokkies. Die ene frilletjies met hul mandjies. Maar, ag aarde, dan kom jy op die PUK en die verslonste klomp begroet jou. Hulle het almal altyd so verwaarloos gelyk” sluit Ma haar lang relaas af.

Ek val amper van my oorle ouma se rottangstoel af van skok. Verslons en verwaarloos! Ons? Nooit gesien nie, ons het net nie tyd gehad vir netjies aantrek en hare kam nie. Ons was te besig om nonsens… ehhh… ek bedoel om filosofie en teorieë te leer.

Gerda Bruinette

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button