VEREENIGING – ‘n Doelskop na die hoeter geblaas het, het laat vanmiddag daarvoor gesorg dat VRK ‘n haas uit die hoed gepluk het om met 34-34 teen Brakpan in die Valke-Peregrineliga gelykop te speel.
Met die telling op 34-27 en speeltyd iets van die verlede het Vereenigng na ‘n string fases en strafskoppe in die regterkantste hoekie gaan druk om die tellintg 34-32 in die Panne se guns te maak.

Die tuisspan se losskakel Brandan Hewitt, het weer gewys dat daar yswater in sy are pomp toe hy ‘n moeilike doelskop vanaf teen die kantlyn oorgeskop het om sy span van ‘n tuis nederlaag te red.
VRK het die eerste helfte oorheers, maar algaande met ongedwonge foute toegelaat dat die Oos-Randers met meer selfvertroue kon speel.
Met hulle sterte in die lug het die besoekers die tweede skof oorheers, maar die tuisspan het diep gedelf om die wa deur die drif te trek.