Editor's noteLetterLocal newsNewsNewsOpinions

 As daar net diens was!

Dit is nou natuurlik die ANC-beheerde munisipaliteit in die Vaal – wat weer die skandelike toekenning as die swakste Gautengse munisipaliteit losgeslaan het.

Daar gaan nie ‘n week verby sonderernstige elektrisiteitsprobleme iewers in die Vaal nie! Dit is nou natuurlik die ANC-beheerde munisipaliteit in die Vaal – wat weer die skandelike toekenning as die swakste Gautengse munisipaliteit losgeslaan het. Hulle punte lyk amper of daar ‘n vingerfout iewers moes ingesluip het, want kyk om net 17 uit 100 te kry, moes jy amper niks reg gedoen het nie. Om dié rede is dit verstaanbaar dat die opposisiepartye nou meer druk begin toepas. Die VF Plus het ’n dringende beroep op die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) gedoen om by die swakste presterende munisipaliteite in te gryp en toe te sien dat dienslewering hervat word. Die komitee het glo ingestem om oorsigbesoeke aan die munisipaliteite en metrorade te bring. Dit laat mens nie noodwendig beter voel nie. Ons het lankal vertroue verloor! Hierdie swak dienslewering knou die belastingbetalers. Daar is nie dienslewering nie, maar hulle wil tariefverhogings aanbring en salarisverhogings hê. Hulle kan nie die infrastruktuur behoorlik in stand hou nie, maar wil nou selfs groepe soos die Emfuleni Belastingbetalersvereniging (ERPA) verhoed om in te spring en te help. Hierdie “onredelike” tariefverhogings souwaarskynlik nie nodig gewees het as munisipaliteite hul werk na behore uitgevoer het nie. Dit verg ongelukkig vir ons omsigtigheid en eerlikheid. Hier in Emfuleni met ‘n sukkelende ekonomie, gaan die inwoners verder belas word, want die munisipaliteit is nie in staat om ‘n ander uitweg te vind nie. Die middelklas sal soos altyd, die druk voel. Jy sal ook nie hieroor kan kla of navraag doen nie, want daar is nie ‘n diens hiervoor in werking nie – jy sal soos telkemale tevore voor dooiemansdeur te staan kom. Dit is ook nie iets om oor te spog as jy soos Sasolburg, die beste presterende munisipaliteit in die Vrystaat is met net 31 punte nie! Die enigste ligpunt is Midvaal (DAmunisipaliteit) wat weer as die beste munisipaliteit in Gauteng aangewys is met 66 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button