‘Die kompliment wat ek seker nie moes hoor nie’
Christiena Lottering van Vanderbijlpark skryf:

Hoe vain gaan ek nie nou klink nie, maar ek wil graag hierdie storied deel. Dis ‘n paar jaar gelede en ek werk vir die koerant. Ek sit alleen in my kantoor en my maats kry een na die ander nuwe poste en posisies. Ek voel alleen, hartseer en ek slaap nie behoorlik nie. My oë het donker kringe aan die onderkant en my hare is opgebondel in ‘n viselike ‘brittle’ bolla. My baba hou my wakker en ek is nie die maerste meisie in redaksie nie. Daar is mense wat gekom het om die ‘aircons’ te diens. Hulle loop op en af in die gange met ‘n leer. Uiteindelik kom hulle by my kantoor aan, klop beleef env ra of ek week waar ‘so en so’ is. Ek spring op en begin onmiddelik saam met hulle na ‘so en so.’ Soek. Ons lag en skerts en gesels tot ons by die vertrek uitkom waar hulle moes wees. Ek bedank hulle vir die werk wat hulle doen en draai om om terug te slenter na my kantoor toe, toe ek hoor die enn ou vir sy maat agter die leer se: “Ek sien nou hoekom hulle dit ‘Mooi Vaal Media’ noem..” Nie alles is altyd seksuele teistering nie. Twee outjies wat kom werk het aan ons ‘aircons’ het gesien skoonheid kom van binne. Dis vriendelike woorde en behulpsaamheid wat veroorsaak het dat ek raakgesien is en bestempel is as ‘mooi.’ Net omdat ek gaaf was, het hulle gedink ek is ‘mooi’. Ek weet nie waar julle vandag is nie en of julle my eers kan onthou nie, maar dit het my hart laat warm word. Dis ‘n kompliment wat ek seker nie moes hoor nie. Ek is getroud, en jy dalk ook – dit was nie ‘flirting nie’ – dit was ‘n opregte ‘gewaarwording’ if you will. Maar dit doen nie afbreuk aan hoe dit my dag verander het en my laat voel het iemand sien my raak en dink ek is ‘mooi’ nie. Jou vrou sou trots op jou gewees het as sy hoor wat jy gedoen het en hoe jy net met ‘n sinnetjie ‘n moeë mamma se dag gemaak het. Baie dankie daarvoor. Elke keer as ek moeg en lelik voel, dan onthou ek daardie dag. Dankie ‘aircon’ ouens. Julle het my ‘self-worth a massive boost’ gegee.
