Lente-bederf vir rolbalspan
MEYERTON. - Donderdag, 3 September was ‘n heerlike Lentedag by Meyerton Rolbalklub met 18 spelers wat mekaar om die Lentetrofee die stryd aangesê het.
Die ‘trips’-spanwedstryde het vir heelwat opwinding gesorg. Almal het die sonskyn en geselskap op die baan geniet, maar met ‘n trofee en ‘n kontantprys op die spel het dit die mededingendheid aangewakker.
Nadat Corrie Louw die punte bymekaar getel het, is James Masencamp, Piet Mouton en Wynand Lombaard as die wenners gekroon.

Johan de Lange, Koos Terblanche en Willie White was die naaswenners. * Meyerton Rolbalkub speel Dinsdae-, Donderdae- en Saterdae middae. Rolbal is ‘n familiesport.
Voornemende spelers kan van die klub se toerusting gebruik maak. Vir meer inligting kan Tommie Louw, president van Meyerton Rolbalklub by 082 899 5095 gekontak word.
