Brand lê Potch se ou stasiegebou in puin
Baie oud-studente van Potch sal dié geskiedkundige ou gebou met nostalgie onthou...
ʼn Brand het gisteraand (Saterdagaand, 19 September) die ou stasiegebou in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom, in puin gelê.
Die gebou was 101 jaar oud.
Potchefstroom het 123 jaar gelede, in 1897, vir die eerste keer ʼn spoorverbinding tot in Krugersdorp gekry. Die eerste stasiegebou was uit hout en sink gebou en in 1919 is dit gesloop om plek te maak vir ʼn steengebou in Kaaps-Hollandse boustyl.
Lees die volledige berig oor die brand in Vaalweekblad se susterskoerant, Potchefstroom Herald, by hierdie skakel:
https://potchefstroomherald.co.za/78280/brand-vernietig-eeu-oue-stasiegebou-in-potchefstroom/?fbclid=IwAR15CzFKmguPSILJ84m58CnKv9wbMoo9dFZxTCH3mhklL6SHE3tqgbOSuL4
