Liggies geniet gesinstee saam met Ruan Tennant
Dit was 'n lekker kuier-oggend vir oud en jonk by Lewenslig en Kredo se gesinstee Saterdag.
VANDERBIJLPARK – Saterdagoggend het Lewensligsentrum en Kredo, ‘n Oomblik in Tyd Gesinstee aangebied by The Venue on Vaal.
Gaste het hul eie tafels versier en daar is heerlik aan versnaperinge gesmul, terwyl Afrikaanse sanger, Ruan Tennant vir topvermaak gesorg het.

Die inwoners van Lewensligsentrum, die Liggies soos hul bekend staan, het ook ʼn liedjie gesing en het later saam met Ruan gesing en gedans.
Daar is ook verskeie lootjietrekkings gedoen waar die gaste met pryse beloon is. Onder die gaste was Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak-lede en dagbestuurslede van Lewenslig.

Ruan het op sy Facebookblad gesê: “ Wat n mooi oggend saam Lewenslig Sentrum! Dankie vir julle in my lewe en dankie dat ek so lekker saam julle kon kuier, sing lag en net liefde ervaar van almal!
“Dankie aan Jaco Mienie vir als my vriend waardeer jou so baie, dit beteken so baie vir my om deel te kan wees van die Liggies en dankie wat julle vir die mooi mense doen.”
