News
Ryan-sibbe verower elk ’n nasionale titel
Hulle neem eersdaags aan die Prima Redenaars se landfinaal deel.
VEREENIGING – Twee sibbe van Laerskool Vryheidsmonument, Arianna en Lawrence Ryan, het elk met ’n nasionale titel huiswaarts gekeer nadat hulle onlangs by Leeuwenhof Akademie in Bedfordview aan die Con Spirito-nasionale finaal deelgeneem het.
Arianna, ’n graad 3-leerder, het die nasionale titel in Bybellees verower, terwyl haar graad 1-boetie, Lawrence, die kunsafdeling vir oliepastelle gewen het.
Die prestasie volg nadat die twee sibbe vroeër vanjaar ook tot die landsfinaal van die Prima Redenaars-kompetisie deurgedring het. Dit vind nou in Oktober plaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!