News

Laerskool Midvaal wen Sedibeng Laerskole A-liga

Dissipline, harde werk en spanwerk het aan Laerskool Midvaal ’n eerste plek besorg.

MEYERTON – Laerskool Midvaal se tweede krieketspan het boaan die punteleer van die Sedibeng Laerskole A-liga geëindig en is as die ligawenners vir 2026 gekroon.

Die skool het die spelers en afrigters met dié puik prestasie gelukgewens.

“Ons is trots op julle,” het die skool op Facebook geskryf.

Volgens die skool het dissipline, vaardigheid, harde werk en spanwerk tot die span se sukses bygedra.

“Klein dinge maak ’n groot verskil,” lui die skool se boodskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button