NationalNews

Video: So het boere vandag gebid EN amok gemaak by landdroskantoor

Boere stoot Polisie se Nyala-voertuig kaalhand uit hul pad.

 

Nasionale nuus: SENEKAL
 
 
Daar was vanoggend groot drama in die landdroshof in Senekal toe boere teen die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner (22) verlede week, betoog het.
 
‘n Groep boere het die hofgebou waar die twee vermeende moordenaars vanoggend voorgekom het, luidrugtig en gedetermineerd ingestap om beswaar teen plaasmoorde te maak.
‘n Polisie-Nyalavoertuig het glo deur die landdroskantoor se muur gery in ‘n poging om die boere se optrede te stop, waarna sowat 50 boere saamgespan het om die voertuig uit hul pad te stoot.
 
Volgens ‘n ooggetuie is drie skote deur die polisie afgevuur maar sover vasgestel kan word, het die boere geen skote geskiet nie en is niemand beseer nie.
 
Kyk na die video’s waar die boere saam met swartmense kniel en saambid om te vra vir Jesus se beskerming, sowel as na ‘n video waar van die manne die hofgebou binnegaan:
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button