HomesLocal newsNewsNewsProperty News

AfriForum se Vereenigingtak herstel roete na sakekerns

VEREENIGING. - AfriForum se plaaslike tak het as deel van dié organisasie se #OnsDorp-projek, gehelp om ’n belangrike roete na Vereeniging en Drie Riviere se sakekerns te herstel.

Die doel van hierdie projek is om gemeenskappe te mobiliseer om volhoubare selfdoenaksies in hul dorpe aan te pak. Inwoners van Unitaspark Oord het AfriForum genader om te help om slaggate in Bennie Oslerstraat te herstel. Dit is die enigste roete wat die inwoners na Vereeniging en Drie Riviere se sakekerns kan neem. Boonop kan die nooddienste nou vinniger by dié aftreeoord uitkom. Bykans 1 040 sakkies teer is vir die projek gebruik. “Slaggate is ’n groot probleem in die omgewing en ons kan nie op die regering staatmaak om dit op te los nie. Ons moet selfonderhoudend word en projekte soos dié is ’n ideale wegspringplek,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Gauteng-Suid-area. Raak betrokke by AfriForum se Vereeniging-tak deur Dewet by dewet.ungerer@afriforum.co.za te e-pos, of SMS “Vereeniging” na 45342 (R1).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button