HomesLocal newsNewsNewsProperty NewsBreaking News

Popcru soek antwoorde oor oudkolonel Prinsloo se vrylating

VEREENIGING. – Die Polisie en Tronke se Burgerregteunie (Popcru) sê hy is bekommerd oor die prosesse wat gevolg is om parool toe te ken aan oudkolonel Chris Lodewyk, wat in 2016 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is op aanklagte van rampokkery, korrupsie en geldwassery maar glo na minder as vier jaar vrygelaat is. Dit volg …

VEREENIGING. – Die Polisie en Tronke se Burgerregteunie (Popcru) sê hy is bekommerd oor die prosesse wat gevolg is om parool toe te ken aan oudkolonel Chris Lodewyk, wat in 2016 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is op aanklagte van rampokkery, korrupsie en geldwassery maar glo na minder as vier jaar vrygelaat is.

Dit volg nadat Lodewyk – of iemand wat op ’n haar na om lyk – onlangs in Vereeniging gewaar is.

Die voormalige polisiekolonel het glo vuurwapens in polisiebesit gesteel e naan onder meer Kaapse bends verkoop.

Popcru het in ’n verklaring aangedring dat die minister van justisie en korrektiewe dienste Ronald Lamola en die paroolraad die besluit om Prinsloo vry te laat verduidelik.

Volgens Popcru moet enige veroordeelde misdadiger ten minste twee derdes van hul vonnis uitdien voordat hulle vir parool in aanmerking kom. In Prinsloo se geval het hy nie eers ‘n derde van sy vonnis uitgedien nie.

“Ons sien dit as ‘n basislose besluit deur die paroolraad, inaggenome die feit dat Prinsloo as ’n senior offisier in die Suid-Afrikaanse polisiediens veronderstel was om die uiterste discipline toe te pas om aan die polisie se gedragskode te hou. Hy kan nie beloon word vir hierdie skandelike dade nie,” het Popcru in die verklaring gesê.

Popcru meen dit is ‘n klap in die gesig vir talle mense wat weens bendegeweld gesterf het en die toegewyde polisiemanne env roue wat hul lewens verloor het terwyl hulle misdade van hierdie sindikate ondersoek het.

Kolonel Christiaan Lodewyk Prinsloo. Foto: Cindy Waxa/Cape Argus
‘n Man wat soos oudpolisiekolonel Prinsloo lyk besig om melk te koop by ‘n kafee in Vereeniging.
‘n Man wat soos oudpolisiekolonel Prinsloo lyk in ‘n parkeerterrein in Vereeniging.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button