NewsNewsSportSport

Dit reën weer sesse in die Vaal

VANDERBIJLPARK. - Die term normaal het in 2020 nuwe betekenis gekry.

Hoewel die toekoms op en van die sportveld af steeds onseker en duister is, is daar opflikkerings van die bekende verlede.
Met die aankondiging dat nie-kontak sportsoorte soos krieket weer kan begin oefen en vriendskaplike wedstryde speel, het die Hoërskool Transvalia die geleentheid met albei hande aangegryp.
Die skool se onderwysers en krieketseuns het mekaar Vrydagmiddag op die skool se velde in ‘n loslit-wedstryd die stryd aangesê.
Die liggaamstaal van ‘n ieder en elk op en langs die veld het van dankbaarheid en verligting getuig.
Daar het ook ‘n lekker atmosfeer geheers tydens die Pa en Seun-wedstryd wat Saterdag plaasgevind het.
JP Kok, hoëprestasie-afrigter van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, lê die langsteel in tydens Vrydagmiddag se vriendskaplike krieketkragmeting tussen die onderwysers en seuns.
Soos sake nou daarna uitsien, gaan klubkrieket weer op 7 November met vriendskaplike kragmetings hervat.
Daar word glo ook ‘n vriendskaplike toernooi vir skolekrieket beplan. Die inligting en bepalings van die onderskeie wedstryde en toernooi sal gedurende Oktober bekendgemaak word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button