Local newsNewsNewsBreaking News

KYK: Oomblik toe man se hek in sinkgat verdwyn op video vasgelê

MEYERTON. – Die oomblik toe ’n tamaai sinkgat op ‘n man van Golfpark se erf ontstaan het is op geslotekringtelevisie vasgelê. Die gat het Sondag ingeval. Op die video kan mens sien hoe die singat ‘n hek insluk. Die gat is sowat 13 meter diep. Pieter Ferreira en sy gesin moes vir hul eie veiligheid …

MEYERTON. – Die oomblik toe ’n tamaai sinkgat op ‘n man van Golfpark se erf ontstaan het is op geslotekringtelevisie vasgelê.

Die gat het Sondag ingeval. Op die video kan mens sien hoe die singat ‘n hek insluk.

Die gat is sowat 13 meter diep.

Pieter Ferreira en sy gesin moes vir hul eie veiligheid uit die huis trek.

Volgens hom sukkel hy al jare lank dat die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit ’n lekkende rioolpyp op sy erf regmaak.

Gedeeltes van Golfpark is op dolomitiese grond gebou.

Sinkgate wat in dolomitiese areas voorkom ontstaan glo weens die feit dat die Dolomiet deur suur (H2CO3) opgelos word wat vorm wanneer water met koolsuurgas in die lug verbind.

*Volledige storie in Vaalweekblad

*Kyk video hier:

Die oomblik toe ‘n gedeelte van ‘n man se erf in ‘n singat weggeval het is op video vasgevang. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button