Die vorige kantoor was op die eerste vloer van die Protea-gebou in Lochstraat en het beknop en moeilik begaanbaar geraak. Die nuwe kantore is in Lochstraat tussen Pierneef-boulevard en Holidaystraat.


Raadsheer Phil C. Pretorius sê dat hulle reeds ‘n geruime tyd na die huisie onder in Lochstraat vry en uiteindelik die kontrak kon beklink toe dit beskikbaar geword het. Met die hulp van die Midvaal gemeenskap en die DA-tak vir Wyk 14 is die huisie vinnig in die nuwe DA Midvaal hoofkwartiere omskep, waar almal welkom is. Die nuwe kantore is baie meer toeganklik vir die publiek met met meer parkering, ‘n beter ligging en tradisionele kleindorpie gevoel van ‘n “cottage”-woning. Daar is geen trappe nie en jy kan voor die deur stilhou om iets op of af te laai.


“Ons bedank ons borge vir hulle bydraes om ons nuwe kantore op te knap en die handelsmerkherkenning te bevorder,” sê raadsheer Pretorius. Alle inwoners van Midvaal word uitgenooi om by die nuwe kantore ‘n draai te maak as hulle iets wil rapporteer, lidmaatskap wil uitneem of sommer net wil kom hallo sê.
Die DA bedank graag die volgende persone en besighede:
• Raadslid Mary-Anne Myburg
• Raadsheer Phil C Pretorius
• Raadslid Marie Schoeman
• Danie en Trudie Grobler van Executive Paints in Duncanville
• Ali van Meyerton
• Madelein Nienaber van All-In-One Print House
• Kobus le Grange
• Clive Visser
• Little Austria Nursery
• DA Tak Wyk 14
• PC Pretorius (jr.), Kara Pretorius en Luka Pretorius.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
