Local newsNationalNewsNewsBreaking News

Inwoners vra moeilike vrae aan burgemeester en kie

VEREENIGING. – Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munsipaliteit, eerw. Gift Moerane, die administrateur vir infrastruktuur en basiese dienste, Silas Zimu, en amptenare van die munisipaliteit moes Maandagmiddag moeilike vrae beantwoord tydens ’n vergadering met inwoners van Drie Riviere. Die vergadering, wat by tye warm geraak het, het om 18:00 by die poskantoor in Basheestraat …

VEREENIGING. – Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munsipaliteit, eerw. Gift Moerane, die administrateur vir infrastruktuur en basiese dienste, Silas Zimu, en amptenare van die munisipaliteit moes Maandagmiddag moeilike vrae beantwoord tydens ’n vergadering met inwoners van Drie Riviere.
Die vergadering, wat by tye warm geraak het, het om 18:00 by die poskantoor in Basheestraat plaasgevind.
Raadslede Elize Aucamp en Yvonne Coertze, wat vir raadslid Dalene Venter instaan, was ook daar.
Talle inwoners van die buurt, wat vroeër vandeesmaand vir bykans ’n maand sonder elektrisiteit was nadat ’n transformator ontplof het, is weer in duisternis gedompel en dring nou aan op antwoorde.
Zimu het aan inwoners die onderneming gegee dat die munisipaliteit hard sou werk om teen Woensdag 17:00 kragtoevoer na die buurt te herstel.
Die munisipaliteit is besig om ’n 2.7km lange kabel te vervang wat hopelik die buurt se kragprobleme sal oplos.
Inwoners is ook boos oor lae waterdruk, slegte paaie en rooioollekasies.
Die lae waterdruk is glo as gevolg van ‘n foutiewe klep aan die kant van Rand Water. Die probleem word ondersoek en gaan hopelik binnekort herstel word.

Kyk video hier:

‘n Groep inwoners by die poskantoor in Basheestraat. Foto: Christiaan Cloete
Die burgemeester en administrateur vir infrastruktuur en basiese dienste wag om inwoners toe te spreek. Raadslid Elize Aucamp het die vergadering gefasiliteer. Foto: Christiaan Cloete
Steyn Fourie, die leier van ‘n groep inwoners wat onlangs paaie afgesper het om aandag op Drie Riviere se probleme te vestig, vertel die burgeemeester wat hy van die munisipaliteit dink. Foto: Christiaan Cloete
‘n Inwoner gee uiting aan haar gevoelens tydens ‘n vergadering met die burgemeester, administrateur en munisipale amptenare. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button