NewsNewsSportSport

Reën kelder krieket

VANDERBIJLPARK. - Die berg het toe ‘n molshoop gebaar.

Wat veronderstel was om ‘n epiese vriendskaplike stryd tussen die eerste krieketspanne van die Hoërskool Driehoek en Transvalia te wees, het Saterdag stomp geëindig toe die Hoekies se kolfbeurt uitgereën het.
LC Steyn van Driehoek hou sy oog mooi op die bal terwyl hy ‘n goeie vangskoot benut.
Rico Fourie, sterkolwer van die Hoërskool Transvalia se eerste krieketspan, het Saterdag 71 lopies in sy span se vriendskaplike kragmeting teen die Hoërskool Driehoek aangeteken.
Die buurskole het mekaar Saterdag op die Hoërskool Transvalia se velde in tipiese Noordelike halfrond weersomstandighede aangedurf. Hoewel die bewolkte toestande en vog in die kolfblad die bal baie laat beweeg het, het Valia se kolwers die stang vasgebyt en 317/10 in 48 beurte aangeteken.
Rico Fourie (71) het met ‘n spogbeurt sy span se kolfbeurt geanker. Hy het goeie ondersteuning van Morné Johnson (57), Kyle Cutler (36), Wian Botha (35) en Duan du Toit (20) gekry wat almal dubbelsyfers aangeteken het. Vir die Hoekies het Tyron Evitts (8-3-52), Janzal Lalla (5-2-20) en Nathen Erasmus (8-1-37) hard gewerk met die bal.
* Meyerton se tweede krieketspan kom Saterdag op die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark se velde teen Transvalia se eerste krieketspan in ‘n T20-wedstryd te staan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button