NewsNewsSportSport

Heits! ’n Vaalie wen in Reitz!

VEREENIGING. – Anja Heenop, ’n atleet van die Vaal Atletiek Klub, het op 13 November ’n eerste plek in die “elite”-afdeling van die Long QBike Bielie Mielie-bergfietsskofwedren in Reitz in die Vrystaat behaal.

Sy het ook ’n algehele tweede plek in die vroueafdeling behaal.
Anja het die skofwedren goed begin met ‘n derde plek in die vroueafdeling tydens die proloog. Sy het ook eerste in die “elite”-afdeling geëindig.
In die proloog was Anja algeheel 22ste uit 141 deelnemers. Sy het die uitdagende 20km roete in ‘n indrukwekkende 00:53:15 voltooi. Haar gemiddelde spoed oor die afstand was 22.54km per uur.
Anja op die podium in Reitz. Foto: Verskaf
In skof een van die bergfietsren (101km) het sy ‘n tweede plek in die vroueafdeling behaal en ‘n eerste plek in die “elite”-afdeling. Anja het hierdie skof in 05:12:12 voltooi en ‘n gemiddelde spoed van 19.41km per uur gehandhaaf.
Sy het 25ste uit 111 deelnemers geëindig.
In die tweede skof (75km) het Anja ‘n algehele tweede plek in die vroueafdeling behaal en ‘n eerste plek in die “elite”-afdeling.
Sy was algeheel 24ste uit 99 deelnemers. Anja het die skof in ‘n tyd van 03:37:50 voltooi en ‘n gemiddelde spoed van 20.66km per uur oor die afstand gehandhaaf.
Die bergfietswedren vorm deel van die VKB Bieliemieliefees en het by die Reitz-skougronde plaasgevind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button