Local newsNewsNews

Kom kyk hier na Kersliggies in Vaal

Die Feesseisoen is hier en Kersfees sal net nie dieselfde wees sonder al die versierings en liggies nie. Inwoners wat vanjaar hul gesin op ‘n onvergeetlike Kersliggie-uitstappie in die Vaal wil neem, kan ook die volgende adresse besoek.

* By Haggardstraat 10, SE6 in Vanderbijlpark brand die liggies reeds elke aand vanaf 19:30 tot 23:00. Dit sal elke aand aan wees tot 1 Januarie.
* In Houtkopweg in Vereeniging oorkant die Laerskool Vryheidsmonument, is nog ‘n prag-versierde huis wat jaarliks aandag trek.
* Een van die bekendste huise wat jaarlikse honderde voete lok, Uniestraat 30 in Sasolburg, sal vanjaar vir die laaste keer Kersgenot verskaf.
* Sorg ook dat Engelbrecht Laan 20 in Sonlandpark, Vereeniging deel van die uitstappie is.
* Sommer ‘n klipgooi verder in Langrandweg 54 in Sonlandpark is daar nog ‘n huis wat besoek kan word.
* In Meyerton by Marinus Cronjestraat 10 en 10A brand die liggies ook sewe dae per week vanaf 19:00 tot 22:00. Al die liggies by die onderskeie wonings sal natuurlik afgeskakel word tydens slegte weer of wanneer dit reën.
* Vir diegene wat buite die Vaal se grense wil gaan liggies kyk, wil dit voorkom of die jaarlikse Joburg Zoo Festival of Lights een van die hoogtepunte sal wees. Daar sal lewensgrote verhelderde karakters wees en natuurlik heelwat meer vermaak gaan daarmee saam, insluitend ‘n kos- en aandmark. Die dieretuin is elke aand vanaf 19:00 tot 22:00 oop vir besoekers en die fees duur tot 5 Januarie.

Die Joburg Zoo Festival of Lights is een van die jaarlikse hoogtepunte vir Kersliggie-uitstappies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button