Local newsNewsNews

Kunstalent hou nie vakansie nie

Baie van die fotograwe geniet nou 'n welverdiende ruskans, maar dit is duidelik dat hul kunstalent nie op vakansie is nie. Geniet vandag se foto-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.

Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die kunstige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Joalize Els van Frankfort is ‘n joernalis wat fotografie as stokperdjie beoefen. Sy het die pragtige foto in Frankfort geneem.
Devon Lubbe from Risiville, Vereeniging took this beautiful photo at the pebble Beach at Blouberg. This is the first photo Devon shared on the page.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskapfoto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Clarorvallei, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die kunstige foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige landskapfoto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die treffende makrofoto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging, het die kunstige argitektuurfoto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die treffende natuurfoto geneem.
Sarina Small van Meyerton het die pragtige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto van onweer aan die broei geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die oulike foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto in Tietiesbaai aan die Weskus geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige makrofoto geneem.
Dawniie Oosthuizen Van Meyerton het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button