Local newsNewsNews

AfriForum hou Sasolburg se groenstroke en parke netjies

Die AfriForum-tak in Sasolburg sny gereeld dié dorp en Vaalpark se gras in die groenstroke en parke om die dorp netjies te hou. Die tak het reeds vier trekkergrassnyers aangekoop en die lede wat die gras sny is reeds ’n bekende gesig in die dorp. Ten spyte van die inperking het die tak vanjaar bykans 40 ha se gras gesny. Voordat die gras gesny kan word, moet die area uiteraard ook deeglik skoongemaak word. 

“Ek is baie bly dat dié tak eienaarskap neem van hul dorp. Dit is baie sleg dat die munisipaliteit nie die diens verrig nie, maar gelukkig skroom die taklede nie om dié diens self te verrig nie. Die tak het ook ’n brief aan die Metsimaholo Munisipaliteit gerig oor die gebrek aan vullisverwydering wat veroorsaak dat sommige inwoners hul vullis sommer op enige plek strooi. Geen reaksie is egter al van die munisipaliteit gekry nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Die tak het reeds vier trekkergrassnyers aangekoop en die lede wat die gras sny is reeds ’n bekende gesig in die dorp.
Waar daar oral gras gesny is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button