Dit is gedoen met atletiek uit die boonste rakke. Van die beste skoolatlete (o.7 – o.17) in die Vaaldriehoek het in die 60m, 100m en 4x400m aflos teen mekaar meegeding.
Terwyl die 60- en 100m uitdunne en finale rondtes op die nuwe blou sintetiese baan beslis is, is die skool se goeie ou 400m grasbaan vir die 400m aflos gebruik.



Fortune Bwaly van Dokkies laat spaander
Die tye is elektronies geneem. Die geleentheid is ook gebruik om die matrieks van 2020 vaarwel te heet.
Ná die lang inperking was dit goed om weer op die baan byeen te kom en atletiek te geniet. Streng Covid-19 reëls was in plek en maskers was ’n voorvereiste vir toegang tot die byeenkoms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
