Nie net mooi gesiggies nie
Dié jaar was wel 'n beproewing weens die pandemie, maar twee jong dames van die IEA Elite in Walkerville het steeds nuwe hoogtes bereik. Hulle het nie toegelaat dat enige negatiwiteit hulle beïnvloed nie en het gewys hoekom meisies wat perdry meer as net mooi gesiggies is.
Graad 6 leerling Kayang Molebatsi (12) en graad 8 leerling Andriette Grobler (14) het tydens die grendeltyd hulle fokus behou. Hulle het van aanlyn klasse en lesse gebruik gemaak om nie met hul studies agter te raak nie … en nou het dit vrugte gewerp. Kayang is aangewys as die nommer 1 leerling vir Graad 6 met ‘n gemiddeld van 83% en Andriette as die nommer 7 leerling vir Graad 8 met ‘n gemiddeld van 76%.
The IEA Elite maak gebruik van Mindscape Education se CAPS leerplan en hierdie resultate is gebaseer op al 900 Mindscape Education gebruikers. Altwee leerlinge is ook kranige perderuiters en geniet dit om weer te kan deelneem aan hulle gunsteling sport. Vir navrae oor The IEA Elite kontak gerus vir Marica op 082 087 3538.

