News

Kiewiet-jukskeispelers blink uit by SA Meesters

Silwer vir Sedibeng op Kroonstad.

Vier lede van die Kiewiet Jukskeiklub het Sedibeng Jukskei by vanjaar se SA Meesters-toernooi verteenwoordig.

Die toernooi het van 28 September tot 2 Oktober in Kroonstad plaasgevind en spelers van verskeie streke byeengebring.

Die Kiewiet-spelers het hul staal gewys, met die D-afdelingspan wat ’n silwermedalje in die trips-afdeling verower het.

Die klub het die spelers met hul deelname en prestasie gelukgewens.

Steve, Basie, Dina en Ronel het silwer in die D-afdeling (trips) gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button