Nanda Hefer van die Vaaldriehoek skryf:
Hallo Vaalweekblad, ek het julle hulp nodig…. Weet nie hoe om dit te hanteer nie.
Op die Wonderfonteinpad vanaf Vaalpark, reg oorkant JJ Bricks, is ‘n hek. Die pad loop af rivier toe. Daar bly ‘n man, Tony, in ‘n klein tent met sy honde – nou al vir 2 jaar. Ek moet noem hy is baie lief vir die honde en hul is goed versorg.
Verder bly sy broer Winston in die klein tent langsaan. En langs hom, sy dogter, Belinda, en haar vriend Andries in n piepklein tent onder ‘n boom. Hoe kan ons vir die publiek hulp vra vir die mense, byvoorbeeld vir nie-bederfbare kos op ‘n gereelde basis? Asook komberse, kussings, klere, dalk ‘n groter gebruikte tent met stretcher en matrasse, kamp/tuinstoele, en seile vir bo-oor. My gedagtes loop nou net. Enigiets wat van hulp kan wees.
Ek help waar ek kan maar het asseblief nog hulp dringend nodig. My senuwees was klaar met die storm en baie reën en blitse die afgelope week. Julle kan my kontak by 072 723 3846.
Baie dankie mense, maak asseblief jul harte oop.
Groete, Nanda.

