Local newsNewsNews
Pasop vir groot gat in Sasolburg!
SASOLBURG. - Plaaslike inwoners word gewaarsku om maar versigtig te wees waar daar aan paaie gewerk is. Jacques Barnard het op Facebook die foto's gedeel nadat 'n voertuig nou in 'n gat beland het.
Sy Facebook-plasing lui: “Onthou julle laasweek die waterlek in Riemlandstraat waaraan hulle gewerk het en moes oopgrawe? Hulle het het dit nooit toe gemaak nie. Ek het Vrydag verkeer en Brandweer gebel om die gat toe te maak en dit is wat nou gebeur het! Bly asb uit die omgewing uit en ry eerder om,” waarsku Jacques.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
